God se Genade

Posted: May 3, 2010 in Life - Meaning - Believing

Ons almal weet hoe voel dit in om lang rye te staan wanneer ons ‘n item wil koop in ‘n winkel, of ‘n motor se lisensie wil hernu, of miskien navraag by die bank wil doen, ens. Dit is nogals frustrerend!

 Daar is net een ding wat meer frustrerend is as om in ‘n lang ry te staan, en dit is om in die verkeerde lang ry te staan!

 Om hierdie lang frustrerende rye te kan ontwyk, het mense wyer begin dink as om net dienste te verskaf by een plek. Al hoe meer mense maak van die internet gebruik. Mense koop items oor die internet, maak gebruik van internet bankdienste, hulle adverteer op die internet, koop teater kaartjies oor die internet, skryf selfs vir fietswedrenne oor die internet in, ens.  

 Maar dink nou as elkeen van ons voor God in ‘n lang ry moes staan om vergifnis te vra vir al die dinge wat ons verkeerd gedoen het. In die eerste plek is mens so half gespanne, soos wanneer mens in die ry staan om by binnelandse sake, vir ‘n paspoort aansoek te doen, of om ‘n afspraak te maak vir ‘n leerling bestuurders lisensie. En wat as ons dan voor God staan en die mense in die rye voor ons staan half ongeörganiseerd? Waarheen gaan ons, veg ons vir ons plek in die ry omdat ons alles net wil verby kry en daar wegkom, of staan ons maar oordentelik omdat ons bang is ons maak amok en dit tel teen ons wanneer ons voor kom?

 Gelukkig is God se genade groot, selfs baie groter as die internet wat aan 1,802,330,457 (volgens die Internet Usage Statistics) mense ‘n eenvoudige diens lewer.

 God is die Een wat al die ongemak vat van in lang rye staan namens ons verdra. Hy het Sy Seun, Jesus Christus, al hierdie ongemak reeds laat dra. Dit sal nie nodig wees om in ‘n lang ry voor God te moet staan en verantwoording te doen vir al ons dade, soos wanneer ons verkeersboetes moet betaal nie.

 Ek weet ons almal weet dat Jesus vir ons sondes gesterf het. Maar die vraag is nie of ons dit weet nie, die vrae is eerder of ons besef wat dit beteken, en regtig weet wat dit vir ons inhou? Dit is die grootste gebeurtenis in die geskiedenis van die wêreld, en dit het ‘n effek op ons elkeen se lewe.

 Maar net soos baie mense verkies om nie van die internet dienste gebruik te maak nie, is daar ook mense wat verkies om nie van God se genade gebruik te maak nie. Hulle verkies om nog steeds in ‘n lang tou te staan, met die potensiaal om afgewys te word.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s