Boat Repairs

Posted: April 15, 2009 in Boats

Wel, dit is seker tyd dat ek oor die boot skryf….maar ek gaan sekerlik nie als op een slag klaar skryf nie.

Craig se skippie!

(My skippie, soos in die goeie ou dae toe ek hom in 2008 gekoop het…Dit was ‘n ander storie. Die dag toe ek die boot moes gaan haal het daar ‘n ou in my kar se gat vasgery. Hy het gereken hy het beheer verloor…maar ek het gewonder hoe mens beheer verloor wanneer jy 20kmph na ‘n robot toe aangery kom. Gelukkig was my kar se haak bietjie harder as die Mercedes se neus, en my kar het nie te veel oorgekom nie. hierdie spesifieke fotos is geneem een vroeg oggend by rust de winter dam. ‘n Onvergeetlike k*kkerige naweek wat geen vis opgelewer het nie, en dronk ouens wat vir 4ure lank dieselfde liedjie kliphard buite my tent speel…idiots! Die stoele in die boot is twee plastiek tuinstoele waaarvan ek die pote afgesaag het, en dit in die boot vasgebout het, ek dink dit het heel goed gewerk.)

Als het begin een Saterdag middag in Januarie, toe Andries, my buurman, die boot se vloer uitgesny het. Eks vrek spyt, maar ekt nie ‘n foto van hoe dit gelyk het nie. Al wat ek kan sê is dat dit ‘n hartseer ding was om te sien…

boot-repairs-001

(Daar is nog tekens van die gehawende vloer in die binnekant van die boot.)

boot-repairs-020

(Die laaste foto van die boot met sy enjin op, bo op die trailor, hierna het als te vinnig verander.)

Ek was van plan om gedurende Desember 2008 die skuim in die boot se onderkant in te sit. Die idee was nie om die hele vloer van die boot uit te haal nie, ek wou sommer net ‘n paar gate maak. Wel, gelukkig het ek nie daarby uitgekom nie. Toe ons die boot se vloer uithaal was al die planke totaal en al vrot gewees. Ek kon dit met my hand uitbreek…en daar het als begin.

Ons het begin om al die planke uit te haal. Dit wat nie wou uit breuk nie, het ek met ‘n grinder uitgesny. Die idee was aanvanklik om alles op die boot te los, en net die vloer reg te maak, en die skuim dan in te sit. Maar aag flip, dit was ook nie vir baie lank die idee gewees nie, toe kry ons ‘n slight change of plans…ons gaan ‘n ander stuur sisteem op die boot sit. Die ou kabel sisteem wat op pulleys hardloop was nie so cool nie, en ons het besluit om ‘n beter sisteem op te sit. Terselfde tyd het ons ook besluit om die boot te spray…die idee was eers om dit self te doen, maar agterna is daar besluit dat Eben maar daardie joppie moet doen.

Boot gestrip

(In die middel van die neus aan die binnekant, waar mens obviously nie nou kan sien nie, is daar versterkings. Die middelste een het gekraak, en moes reggemaak word. Terselfde tyd het ons met koerantpapier wat opgerol word en vas gefibre word ekstra versterkings ingebou in die neus sodat mens gemaklik daarop sal kan staan. Op die punt van die neus kom daar ‘n elektriese trolling motor wat met ‘n foot pedal werk, wat ook op die neus vaskom, daarom moet mens op die neus kan staan. Die idee van die elektriese motor is om geruisloos na plekke te kan beweeg, sodat die swartbaars nie hoor daar kom ‘n boot aan nie. Sodoende dek mens meer visvangplek meer ekonomies van die boot af…sal later weer oor die trolling motor skryf.)

Wel, die planke van die boot het ook nie net ingespring nie, en teen hierdie tyd was ons seker al so maand aan die gang…

Hulle moes gekoop word, gesny word, behandel word, gemaak pas word, en dan vasgesit word…en na ons die eerste plank ingesit het, het ons agter gekom ons het die verkeerde plank gevat, maw, foute tree ook in…Maar ons kon dit gelukkig fix!

Skoon geskuur

(Ek het letterlik my gat af geskuur met ‘n flapperdisk op ‘n grinder…vir nagte lank het dit gekrap en gejuk wanneer ek in die aande in my bed klim.)

Nuwe planke

En daar is die nuwe planke in die boot. Ek was nou wel ‘n paar keer lekker hoog op resin, maar glo my hulle gaan nie sommer met die hand uitgebreek word nie. Vir die eerste keer het ek gevoel asof ek opbou en nie afbreuk nie. Dit het my nogals moed en spoed gegee, en hierna het ek byna elke af tyd wat ek moontlik kon, aan die boot gewerk vir so maand of wat.

Daar is ietsie waarvan ek nie fotos het nie. Wel, miskien moet ek dit so stel, ek het ‘n great buurman. Hy het al ‘n paar keer aan goed op my boot gewerk wanneer ek nie eers daarvan weet nie. Onder andere die sny van die vloer se plank. So wat in die fotos volg is die skuim wat ingesit word, maar in realiteit was daar eers so 2weke wat verloop het voor dit gebeur het.

Skuim 1

Die skuim bestaan uit twee vloeibare mengsels. As jy dit bymakaar gooi word dit geroer en dan gemoer, of sommer net in die verskillende kompartemente tussen die ribs (planke) gegooi. Dit sit nogals woes uit, so mens staan op plate sodat dit na die kante toe uitsit, en nie alles na boontoe groei nie, nogals amazing om te dink daar was net 10 liter vloeibare mengsel wat daar in is.

Skuim klaar

Dit lyk miskien nie na so baie skuim nie, maar vergelyk die foto waar die planke ingesit is, met hierdie foto, dan besef mens daar is heelwat meer as genoeg skuim in. Die idee van die skuim is sodat die boot nie sink nie wanneer mens ‘n stomp of iets sou tref…pretty amazing dat so min skuim dit kan regkry. Die digtheid van hierdie skuim is 95%…

Nou ja, toe breek die tyd aan om om als mooi te begin maak. Vir so paar dae het ons daaraan gewerk om die vloer mooi in en vas te kry. Die eerste poging om die vloer langs die kante vas te sit het misluk. Ek het die resin met te min hardner gemeng, en toe loop als uit die mat van die veselglas uit…het noggals geworry want dit was ‘n nuwe batch resin en ek het gedink dis foutief…sou beteken R500 is weg…darm was dit net my fout. Toe is dit tyd om die vloer te seel met veselglas. Dit was ‘n volle Saterdag se werk.

Reg om vloer te fibre

Die mat word van een kant af uitgerol en vas geresin, soos wat mens ‘n dak van ‘n kant af sou verf.

Vloer gefibre

Dit lyk nie so nie, maar die vloer is klaar geseel met ‘n laag veselglas. As mens mooi kyk kan jy sien dat in die voorkant van die boot, die gate reeds gedeeltelik toegemaak is. Meeste van die gate gaan nie meer daar wees nie. Die boot staan ook so weird omdat daar agter binne teen die transom gefibre moes word. Voor hierdie fotos geneem was, is daar eers ‘n aand spandeer aan die versterkings in die neus van die boot waarvan ek vroeër gepraat het. Daarvoor moes die boot onderstebo hang. Die strips aan die kante van die boot is ook nou afgehaal.

En hierna is die boot ingestuur om gespray te word. Dit is nou al die einde van Maart. En ook goed dat hy ingestuur is, want die dag nadat ons hom gaan aflaai het, het ek my arm gebreuk. En tans is daardie armbreuk al 2 en ‘n half weke gelede.

Die volgende paar fotos is geneem tydens die tyd wat die boot by Eben gestaan het om gespray te word. Intussen het ons solank gewerk aan die stuur van die boot, oopgemaak en skoongemaak. Andries het ook die stainlessteel bars wat agter op die boot kom weer gefix nadat ek dit afgebreuk het toe ek dit afgehaal het, oeps…Engine afgeskuur

Die motor wat ook besig is om afgeskuur te word vir die respray. Die cover is weggestuur sodat iemand die stickers kan oordoen soos dit oorspronklik was. Daarna spray Eben ‘n deurskynende laag daaroor sodat dit nie af kan trek nie.

Afskuur

Afskuur agter

Die gate is toegefibre en met body putty gelyk gemaak. In hierdie tyd is die boot ook heeltemal geskuur sodat die spray kan klou op die boot.

Onderlaag met blou 2

Onderlaag met blou binne

In die boonste 2 fotos is die onderlaag opgespray. Die onderlaag is eintlik wit, maar daar word liggies met ‘n ander kleur oorgespray sodat krapmerke maklik raakgesien kan word, en uitgeskuur kan word. Ek dink dat dit eintlik nogals cool sou lyk so blou en wit! In die volgende 2 fotos is die blou afgesuur, en het net die wit oorgebly.

Dis nou 15 April, en ek het vandag die 2 wit fotos geneem… Die boot moet hierna eers omgedraai en onder gedoen word, en dan kan daar bo klaargemaak word, hopenlik volgende week is hy mooi rooi en silwer.

Onderlaag met wit binne

Onderlaag wit

Sommer vir interessantheid sit ek hierdie foto in. Dit is waar my boot se enginge, langs 3 ander staan. Myne is die wit Johnson. Hy het 50hp (horsepower), die silwer engine is ‘n 55hp Yamaha. Wat my nogals getref het is die groot size van die prop op my Johnson, in vergelyking met die Yamaha, van dieselfde hoeveelheid perdekrag, eintlik 5hp meer as myne. Ek het eers later uitgevind dat Johnson en Evinrude, wat eintlik maar van dieselfde fabriek afkom, die engines met die meeste krag is. Dus kan 2 engines van verskillende make, met dieselfde hoeveelheid perdekrag, wel verskil in die hoeveelheid krag wat hul uitsit. Die prop speel egter ook ‘n groot rol. Die pitch van die prop, maw die hoek van die vinne van die prop, maak dat die prop baie krag lewer, of ‘n hoër spoed.  ‘n Prop wat ‘n hoë spoed lewer, sal nie sommer baie krag hê wanneer mens wegtrek nie, en omgekeerd is ook waar, ‘n prop met baie onmiddelike krag sal nie ‘n hoë spoed lewer nie. Dit werk amper soos die eerste en vyfde rat van ‘n kar. Op die bass boot soek mens genoeg krag om goed te kan wegkom, maar hoër die spoed, hoe beter. Dit is nodig om in ‘n kompetisie te jaag na die beste visvang spot, voor iemand anders daar kan kom….en natuurlik is my Johnson 50hp nie ‘n match vir die manne met hul 250+hp motors nie.

Motors

20/4/2009

Vandag is ek sommer weer opgewonde…miskien oor die son skyn of iets, ek weet nie. Ek was vrydag by die dokter met my arm. Sy moes die gips afhaal om decent plate te kon laat neem, maar wou toe weer daarna vir my nuwe gips opsit. ek dink sy het die puppyface look in my ogies gesien, en toe daarteen besluit. Sy het toe maar net vir my ‘n stut gegee wat ek kan aansit en afhaal. ek het nie geweet mans kan vrouens met daai kyk orreed, soos wat hulle met ons doen nie.

Anyway, ek was vandag weer by Eben. Jong die boot kom mooi aan, en hy is amper klaar. Ekt hom net op ‘n goeie tyd gevang. Die onderlaag is mooi oorgespray aan die onderkant, nou kort daar nog die wit kleur van die onderkant. Ek wonder eintlik of ek nie die onderkant ook maar rooi moes maak nie, ek is seker dit sou meer sporty gelyk het. Maar gelukkig as ek op die boot is, en ons is op die water, gaan ek anyway nie die onderkant kan sien nie.

Aan die onderkant van die boot was daar ‘n paar patches wat nooit reggemaak is nie. Daar was eintlik nooit gate nie, slegs lelike skuurmerke. Op die fotos kan gesien word dat daar sommer rofweg net groot lae veselglas oorgeverf is, maar dit lyk lelik, en omdat die romp nie eers geskuur was nie, het die veselglas nie mooi geklou nie, en trek dus plek plek af.

Onderkant, patches

Onderkant voor oorgespray

Nadat Eben die onderkant oorgedoen het en die onderlaag opgespray het, kan daar gesien word dat die patches op die boot afgehaal is en mooi reggemaak is. Daar is ook geen tekens van enige skuurmerke nie!

Onderkant onderlaag 2

Onderkant onderlaag 3

Onderkant onderlaag 1

Hier is ‘n foto van die stoele. Dit moet nog heeltemal oorgespray word, en dan moet dit ingestuur word om oorgetrek te word. Dit is waarskynlik een van die laaste groot werke wat iemand anders vir my sal moet doen. Hierna kan ons als self begin terug sit op die boot.

Stoele - Nog nie gespray

Die Engine is ook besig om oorgespry te word. Hier is ‘n eerste foto van hoe mooi wit die “amper” splinter nuwe Johnson engine gaan wees. Die onderkant van die boot gaan dieselfde tipe wit kleur wees. Ek brand om te sien hoe hy met die cover op gaan lyk!

Engine oorgespray 1

Wel, een dag later en die cover is toe nou terug, maar nog nie klaar nie. Hy is besig om sy onderlaag op te kry.

Engine cover onderlaag

Die onderkant van die boot is so te sê klaar…behalwe vir die strepe langs die kant wat ek vandag besluit het die boot moet op kry. Rooi, swart en silwer, in daardie volgorde van bo na onder. Die rede vir die strepe is: Toe ek die boot vandag sien, het dit vir my na ‘n great job gelyk, maar die wit gaan net te vaal wees…hy kort iets anders, strepe!

Onderkant wit 1

Onderkant wit 2

Hier is ‘n getekende prent van wat ek min of meer in my kop het die boot na moet lyk wanneer hy klaar is. Die strepe langs die kant is die strepe wat ek vandag gedink het by moet kom. Ek hoop dis nie te laat om te besluit dit moet in nie!

getekende pic

Die cover van die engine is ook nou wit. Volgende stappie is om die stickers op te plak, en dan ‘n deurskynende laag daaroor te plak. Ek het op ‘n stadium gedink dat ek die engine swart moes laat spray, maar ek dink tog die wit engine saam met die wit onderkant van die boot gaan mooi lyk…sal maybe as die boot klaar is weer hierop comment, en sê of erk my opinie daaroor verander!

Wit engine cover

En dan, the moment of truth…

Ek dink hierdie is die moment waarvoor ek die meeste gewag het, om te sien hoe die rooi lyk.  Hierdie is net die eerste fase van die rooi. Die boot is rooi gespray, dan sien mens dat die verf weer dof is omdat dit afgeskuur is, sodat dit poletoer kan kry.

Rooi neus

Hierdie fotos is geneem tydens 28-30 April 2009, ons bou dus nou al 3 maande aan dnie boot. Oor ‘n week kom my arm uit die stut uit, en dit lyk of die boot min of meer op dieselfde tyd klaar gaan wees. Dit beteken die boot het 6 weke geneem om klaar gespray te word. Dis ‘n job wat ek wraggies bly is ek nie self aangepak het nie…

Rooi van regs voor

Rooi van links voor

Op die volgende foto word die strepe in geplak met maskim tape. Die boot is nie te ver van klaar gespray wees nie. Dit is letterlik nou net die strepe wat nog ingespray moet word.

Reg vir strepe spray

Intussen het ek oor die eerste naweek van Mei die boot se stainless steel prop afgeskuur dat hy weer mooi blink. Ek is nog nie seker of ek hom gaan terugsit nie, ek soek eintlik die prop op my boot wat die boot die vinnigste sal laat ry. Maar as die verskil tussen die spoed nie so groot is nie, dan sal ek by die stainless prop bly. Hy is nouwel 2 keer die gewig van die aluminium, maar hy lyk net baie mooier.

Wel, baie dinge het intussen gebeur, en ek is verseker agter met die skryf van die werk wat daar aan die boot gedoen is. Dit is nou al 7 Julie…en eintlik is on sal amper klaar met die boot. Dankie tog! Ek  het vandag die laaste van die groot veselglas werk gedoen, en is vrek bly dat dit klaar is! Dis sommer ‘n gemors job daai!

Die cover van die boot se enjin het ongelooflik mooi uitgekom. Elke kleurskakering van die rooi en swart in die horisontale strepe is ‘n afsonderlike sticker, en dit het fyn plak gekos om dit so mooi te kon doen.

Enjin cover klaar

Aanvanklik sou die boot nie die strepe langs die kant gehad het nie. Toe ek die wit sien het dit vir my heeltemal te kaal gelyk. Net daar het ek besluit om strepe by te sit. Ek wou eers stickers laat maak, maar terwyl die boot besig was om gespray te word het ek besluit om die strepe te laat in spray. Dit het ‘n klein einatjie in die sak gekos, maar ek het maar die paar rand uitgehaal, anders sou ek agterna baie kwaad wees vir myself.

Kant strepe

Ek en Andries is besig om die aluminium beadings langs die kant vas te sit. Dit moet nog ‘n rubber deeltjie by kry wat in die aluminium sit. Ek sal nog besluit of ek ‘n nuwe rubber daar wil in sit, maar op hierdie stadium is ek maar versigtig vir te veel geld spandeer. Die opsie om die ou rubbers net mooi skoon te maak en terug te sit klink vir my na ‘n baie beter opsie!

Aluminium beadings

En die engine is op. Ons het hom vasgesit in die ou gate. Dit is effens makliker wanneer daar reeds gate is. Anders moet die middelpunt bepaal word en die hoogte van die engine presies vasgestel word. Die stuur sisteem is ook verander vanaf die ou kabel sisteem na die nuwer sisteem, waar daar slegs ‘n enkele kabel binne ‘n “housing” loop. Bietjie verder aan sal ek fotos opsit van hoe die meganisme agter by die enine werk.

Engine mounted

Die raam wat hier staan is die raam van die dek wat agter in die boot moet inkom. Hierdie raam vorm kompartemente om verskillende toerusting in te plaas, bv die battery, petroltenk, visvang gereedskap en kos. Die grootste van die kompartemente word ‘n houer om vis lewendig in te kan vervoer. Die raam word vasgesit met veselglas, en daar word twee deksels bo op geplaas, wat na weerskante van die boot oopgemaak kan word. Die idee is ook om bo op hierdie deksels te kan staan wanneer daar gehengel word vir swartbaars. Aanvanklik het ons heel agter op die kante van die boot gestaan, maar dan sak die agterkant van die boot onder die water in. Nou behoort die boot meer gebalanseerd te wees.

Deck se raam

Die sitplekke het ek ook laat oortrek. Rooi in die middel af met grys aan die kante. Die mat aan die binnekant van die boot gaan ook grys wees. Ek hoop dus dat die rooi mooi sal uitstaan wanneer die mat ingeplak is. Hulle sit baie lekkerder as die afgesaagde tuinstoele wat ek aanvanklik vasgebout het in die boot.

Seats oorgetrek

Die deksels van die krat is gevorm en versterk. In die volgende foto kan daar gesien word hoe dit lyk wanneer als aan mekaar vas is. Maar dit bly nie die kleur van die hout nie. Alles wat van die buitekant af gesien word, word oorgetrek met mat. al die punte van die boute en die skroewe wat uitstaan word afgegrind, sodat daar niks is wat jou hande oop kan krap of sny nie.

Dek sonder mat

Nadat die dek mooi gevorm is, word alles eers weer uitmekaar gehaal sodat die mat op al die afsonderlike dele geplak kan word. Die mat word bietjie groter gesny as die werklike deel waarop dit gepleak word, en dan na die tyd kleiner gesny om presies te pas. Waar daar twee matte is wat bymekaar kom, word die twee oormekaar geplaas, en dan word daar met ‘n mes deur albei gesny, en hulle sal outomaties langs makaar inpas.

Deksel met mat

Voordat die deksels met die mat op die raamwerk vasgeplak word, word die raamwerk eers in die boot vasgesit met veselglas. Dis nie so moeilike werk nie, maar net nie ‘n lekker werk nie, en dit vat tyd. Terselfde tyd het ek ook ‘n blokkie hout in die voorkant van die neus vasgesit met veselglas, sodat die 2de battery daar kan staan. Hierdie battery word gebruik om die trolling motor aan te dryf. Die rede vir die blokkie hout is dood eenvoudig sodat daardie battery nie eweskielik agtertoe vlieg wanneer mens vinnig sou wegtrek nie. Aan die kante kan daar ook gesien word hoe die mat vasgeklamp word sodat dit behoorlik op die kante van die dek vas plak.

Raamwerk vas gefibre

Die inspeksie gate is ook gesny. Die rede hiervoor is om proppe in te sit wat afgeskroef kan word sodat daar inspeksie gedoen kan word vir die skuim wat onder in die boot se romp geplaas is.

Inspeksie gate

Hier is ook ‘n foto van die Stainless steel propeller nadat dit ‘n bietjie van ‘n skoonmaak gekry het met die draadborsel. Hy lyk ongelukkig nie so mooi soos ‘n nuwe een nie, maar hy lyk darem beter as wat hy gelyk het toe ek die boot gekoop het.

Stainless prop

En dit is hoe die dek lyk wanneer hy klaar is. Daar is nog so paar afrondings wat gedoen moet word, soos mat wat geplak moet word om al die gate toe te maak, Silicon om die pop rivets te seel, ens.

Dek met stoele

‘n Foto van agter…

Boot van agter

En dit is hoe die boot lyk met ‘n was en ‘n polish! Die rubber trimmings langs die kante moet nog op. Dan moet daar mat op die neus geplak word om daar te kan staan en vis vang. Die idee daarvan klink nie baie lekker nie, maar wanneer die trolling motor ook op die neus vas kom, sal die mat op die neus beter lyk. En waarskynlik is mat beter as die neus wat gekrap is nadat iemand die 1ste keer daarop trap.

Gepolish

Ish…ongelukkig is my boot so bietjie stadiger as Piet s’n met die 70hp Evinrude op…maar ons sal weer praat nadat my 135 Evinrude reg is. Ongelukkig gaan ek hom net nie op hierdie boot kan sit nie, anders sink hy.

Dice

En sommer net ‘n mooi foto van die laat middag son op die boot!

Middag son

Dit is hoe die gesigte van 2 baie gelukkige mans lyk wanneer al hul harde werk op die water uitgetoets word.

Verry happy faces

Dis die begin van September 2009. Byna 9 maande nadat ons die boot begin restoreer het. En nee moenie worry nie, daar is geen babatjies gebore nie! Wel, altans nie wat ek gemaak het nie. Die boot is klaar…dis nou as mens ooit kan klaar wees. Daar is mos altyd nog ietsie nice wat mens graag wil doen! Maar ja, hier is hoe hy lyk, en ek is nogals trots op al die werk wat gedoen is, waarvan Andries seker ook die meeste gedoen het!

Die groot werk die afgelope paarweke het gedraai rondom die vas sit van die trolling motor, asook die matte op die neus. Verder moes ons eers ‘n plaat bou waarop die trolling motor vasgesit kan word, aangesien die neus van die boot half rond is en nie plat soos die “bass bote” wat uit die fabriek kom nie! Die fishfinder is ook op die boot vasgesit…hoop hy werk lekker. Ek het ongelukkig eers later besef dat die Fishfinder nie ‘n “internasionale fishfinder” is nie, so hy kan slegs in voet en in farhenheit lees. Iets om na te kyk indien jy een sou wou koop. Die voet is nie so groot probleem nie, maar die farenheit som is ongelukkig nie baie logies nie…Die maklikste som is om die grade farenheit te vat, 40 by te plus, die totaal te deel deur 1,8 en dan weer die 40 af te minus. Die water tempetaruut speel nogals ‘n rol in hoe aktief die swartbaars sal wees. Verder dui die fishfinder ook vir mens strukture onder die water, en op die bodem aan. Swartbaars hou daarvan om rondom strukture te skuil en te bly, en dus is dit goeie opsies om daar te probeer hengel.

Daar is wel so paar goedjies wat nog gedoen moet word, maar dit is nie op die boot self nie. Die trailor kort nuwe ligte en bande. Dan moet ek ‘n seil vir die boot laat maak om hom teen onweer te beskerm, en laastens waaraan ek kan dink is om ‘n deep cycle battery te kry vir die elektriese trolling motor.

Op die eerste vaart na die eerste vaart nadat die boot so te sê “kompleet” gerestoreer is, het ons bietjie probleme ervaar. Die kabel van die “gear selector” het binne in die “throttle boks” uitgehak, en ek moes die manual ding doen deur na agter te loop tot by die enjin en die armpie van die ratte daar wissel. Toe ek die trolling motor wou toets het die fuse geblaas, en ek het nie enige spaar fuses gehad nie. Maar dit is als uitgesort, ten minste op land…so ons sal sien hoe dit gaan op die water!

Hier is die bootjie! Klaar!

Boot  - Klaar

 

 

Comments
  1. tiaan says:

    Dit lyk na vrek baie werk, my maat, maar dit lyk awesome! Als wat die moeite werd is in die lewe is ook die moeite werd om voor te wag, of hoe?
    Geniet hom!!!!!

  2. craigieboy says:

    Glo my dis nogals baie werk. Wel, ons werk seker al 3 maande, en ek skat daar is minstens ‘n maand oor. Soms nogals frustrerend wanneer jy saam mense rivier toe gaan, maar die boot kannie saamkom nie! Maar soos jy sê Mr T, die wag sal verseker die moeite werd wees!

  3. Nicole says:

    dis so oulik Craig!!!! :)

  4. Venessa says:

    Hi Graig, jy het soveel werk daar gehad en dit lyk so nice.
    Ek en my man is besig met dieselfde projek en die boot waarmee ons besig is, lyk ook dieselfde ook in dieslfde ou toestand , die engin so waar as wragies ook n Johnson 75Hp, wat ek graag wil weet is of jy dalk kan help met hoe die engin werk?? Ons weet absoluut niks van die meganiese gedeelts nie en kry nie veel hulp van die intenet af nie. Hy is ongelukkig nie in n lopende toestand nie, of so het die persoon gesê waarby ons die ding gekry het, Sal hulp waardeer.

    • craigieboy says:

      Hi Vanessa. Baie dankie. Ek het vir jou ‘n lang e-pos gestuur oor plekke waar julle kan begin kyk. Laat weet asb indien jy dit nie kry nie, dan maak stuur ek dit weer.

  5. Duncan says:

    Hi Craig. Sjoe dit is besonders. Baie mooi. Kan nie glo hoe dit gelyk het en hoe dit lyk nie. Nou moet jy net nog ‘n paar foto’s opsit van ‘n ’009′ agter op ‘n ‘wake board’ ;-)

  6. craig says:

    Thanx Duncan! Eks bevrees as ek “wake board” fotos moet opsit gaan die uwe “009″ net onder die water gesleep word. Daai 50hp in bietjie lig in die broek om iemand uit die water te trek, hy hoort dalk ‘n tube lekker te kan sleep. Maar my volgende projek staan al reg, en hy het ‘n 135hp op, so “009″ sal verseker daar in aksie te sien wees! ;-)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s